Albatros D.III

Albatros D.III
Tipe Dubbeldekker vegvliegtuig
Vervaardiger Albatros-Flugzeugwerke
Ontwerp deur Robert Thelen
Bekendstelling Augustus 1916
Hoofgebruikers Luftwaffe
Oostenryk-Hongaarse Lugmag
Aantal gebou ongeveer 1866

Die Albatros D.III is 'n Duitse dubbeldekker vegvliegtuig wat tydens die Eerste Wêreldoorlog diens gedoen het. Dit was die eerste Albatros wat die V-stutte tussen die vlerke gehad het en was by verre die beste en mees effektiefste van die Albatros reeks. Die vliegtuig was gebruik deur baie Duitse bobaasvlieëniers: Wilhelm Frankl, Erich Löwenhardt, Manfred von Richthofen, Karl Emil Schäfer, Ernst Udet, Kurt Wolff en Godwin von Brumowski van Oostenryk-Hongarye.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search